5 maande gelede
Verdagte in hof ná dood van egpaar
OPONTHOUD: Mary Madaka se man het haar doktersertifikaat hof toe gebring.. FOTO ter illustRasie  ~ 

’N VERDAGTE wat na be­wering betrokke was by die moord op ’n egpaar van Bonnie­vale, het gister in die landdroshof in Swellendam verskyn.

Jeffrey Thomson (33) het Piet en Elmien Steyn glo Donderdag op hulle plaas, Zandfontein, doodgekap, berig Netwerk24.

Basil Davids berig ’n polisieverklaring deur die provinsiale woordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, lui die motief vir die moord was roof.

’n Motor van die egpaar was vermis, maar is later verlate op ’n buurplaas gevind.

Die polisie is nog besig om leidrade in te samel.

Nog booswigte kan moontlik aangekeer word.

Thomson kom vandag weer voor sodat hy vir regshulp kan aansoek doen.

Sers. Rwexana sê mense met inligting oor dié voorval kan die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters