19 dae gelede
Varke maak vuur in cemetery
vlamme: Die twee jongens het hulle gou uit die voete gemaak net nadat dié foto geneem is. Foto: Basil Davids  ~ 

ASHTON. – Mal in die kop tikkoppe brand nou glad koperdrade in ’n begraafplaas om hulle drug habits te voer.

Son het Woensdag afgekom op twee luisgatte wat koperdrade in die begraafplaas hier agter ’n grafsteen gebrand het.

Toe hulle Son gewaar, het hulle hulle gou uit die voete gemaak.

’n Man wat ook in die begraafplaas was, sê die laities is tikkoppe.

Die man sê vies hy het nou reeds alles in die lewe gesien, maar om by ’n grafsteen vuur te maak, laat hom stom.

Mode

“Hulle kom brand hier in die kerkhof die koperdrade uit wat hulle so steel,” het hy kwaad gesê.

Volgens die man het dit nou ’n mode geword.

Die vark-laities het nie eens die vuur geblus nie.

Volgens die man koop die laities tik met hulle kopergeld.

Son het nog onlangs berig oor vandale wat die grafte hier skend.

Willy-John Gordon, ’n munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit gaan binnekort ’n fence om die begraafplaas laat oprig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters