20 dae gelede
Van werk na hospitaal, en verby
Vaarwel: Luticia Malgas (regs) neem afskeid van haar man, Bazil, wat skielik oor­lede is aan Covid-19. Bazil het onverwags siek geword by sy werk, vertel sy.  ~ BASIL DAVIDS

ROBERTSON. – Hy was die vyfde persoon in die dorp wat as gevolg van die Covid-19-pandemie gesterf het.

Bazil Malgas (46) het volgens sy vrou, Luticia, die virus by sy werk opgedoen.

Luticia sê Bazil het by die huis van die werk af gekom en het simptome getoon.

Volgens Luticia is Bazil onmiddellik daarna in die hospitaal opgeneem.

“Hy was baie siek en hy het geveg teen die siekte.

Roudiens

“Hy het egter sy stryd verloor,” sê ’n hartseer Luticia aan Son.

Gister het die Anglikaanse orkes ’n roudiens vir Bazil voor sy huis gehou.

Mense het blomme by ’n foto van Bazil neergeplaas.

Volgens familie en vriende was Bazil ’n lieflike mens wat baie vir ander omgegee het.

“Hy gaan beslis baie gemis word,” het van die vriende en familie gesê.

Bazil laat sy vrou en vier kinders agter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters