15 dae gelede
Uitlander ry deur heining
Beheer verloor: ’n Man kyk na die skade aan die fence.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – ’n Onwettige immigrant sonder rybewys het gisteroggend met ’n lorrie vol brood deur ’n heining geploeg.

Gelukkig het hy die huis in Van Zylstraat net-net gemis, anders sou die skade veel groter gewees het.

’n Buurvrou wat anoniem wil bly, sê daar was ’n geweldige slag – só hard dat mense wat op pad werk toe was, uit nuuskierigheid teruggedraai het.

“Die buitelander se oë het groot in sy kop gestaan toe hy uit daai lorrie klim,” vertel ’n ander ooggetuie.

Gelaai

Die polisie is ontbied. Hulle wou die man se rybewys sien, maar hy kon dit nie toon nie.

Die polisie wou ook sy permit sien dat hy wettig in die land is. Hy kon dit ook nie aan die cops verskaf nie. Die uitlander is in die vên gelaai.

Die mense sê daar is groot skade aan hulle heining. Hulle wonder wie dit gaan betaal.

Die cops ondersoek sake van saakbeskadiging, asook roekelose en nalatige bestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters