3 maande gelede
Tyd vir snoek, patat
heerlik: Mense kan die naweek weer lekker smul. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE VGK se gemeente Agter-Paarl by Windmeul hou Saterdag sy gewilde snoek-patat- en-roosterbrood-braai.

Dis ’n heerlike instelling wat die gemeente elke jaar aanbied.

Die kerk gebruik die geselligheid om geld in te samel vir sy maatskaplike taak in die gemeente en breër gemeenskap.

Die kerk nooi mense van oral om die event te ondersteun omdat die meeste gemeentelede van die omliggende plase afkomstig is. Die area is geleë in ’n gebied waar die hooflandbou-aktiwiteit die verbouing van druiwe is.

Potjiekos

Die braaidag word dié tyd van die jaar gehou omdat die patats uit die lidmate se eie tuine kom.

Saam met die patat op die spyskaart word snoek en roosterbrood ook saam met druiwekonfyt bedien.

Potjiekos word ook verkoop vir die besoekers wat ekstra honger is.

Daar gaan live musiek wees en rieldansers is ook in aksie.

Die dag se verrigtinge begin 11:00 en duur tot 16:00. Kaartjies is op die perseel te koop teen R70 ’n bord. Toegang is gratis.

  • Vir meer besonder­hede, bel 083 352 2703.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters