8 dae gelede
Wakker cops vat twee vas
dagga
Dagga met 'n straatwaarde van R20 000 is in Paarl-Oos gekonfiskeer.  ~ Foto Verskaf

TWEE verdagtes is Dinsdagoggend gearresteer op klagte van handel in dagga ná hulle met sowat R20 000 se pappegaaislaai gevang is.

Die verdagtes is deur lede van die polisie se Wynland-kluster in Paarl-Oos gearresteer.

Lt. Kol. André  Traut, 'n provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagtes (28 en 32 jaar oud) is in 'n verdagte VW Polo opgemerk.  Die voertuig is daarna deursoek.

“Hierdie soektog het gelei tot die ontdekking van 3kg se saamgeperste dagga met 'n geraamde straatwaarde van R20 000 en 'n onbekende bedrag kontant,” sê Traut. 

Die verdagtes sal na verwagting hul hofverskynings in die Paarl maak sodra hulle aangekla word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters