14 dae gelede
Twee se mense gesoek
WELLINGTON-POLISIESTASIEFoto: GOOGLE MAPS  ~ 

DIE polisie in Wellington soek na die familie van twee vermoorde mans in twee onopgeloste sake. Albei mans is op plase naby Wellington met ’n mes in die bors gesteek.

Op 9 Maart is die polisie na ’n plaas ontbied waar ’n 29-jarige man by hulle aankoms op die toneel beswyk het. ’n Verdagte is gearresteer, maar die lyk is nooit geïdentifiseer nie.

Die man was blykbaar ’n seisoenwerker op die plaas.

In die ander geval is die polisie ook ontbied na ’n plaas waar hulle ’n man dood onder ’n boom aangetref het. Hy kon nie geïdentifiseer word nie. Die man het ’n khaki T-hemp en grys kortbroek aangehad.

As jy vermoed jy weet wie dit is, bel sers. Masixole Nzanzana by 079 894 1371.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters