28 dae gelede
Twee keer life ná hy 2 mans rape
court gavel
Hennury Cloete is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van twee mans.  ~ Foto Verskaf

'N MAN is twee lewenslange vonnisse in die Robertson-streekhof opgelê vir die verkragting van twee mans in hul 60's.

Hennury Cloete is skuldig bevind aan drie klagte van verkragting, twee van huisbraak met die doel om te verkrag, aanranding en verset teen inhegtenisneming. 

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die aanklaer, Tertius van der Merwe, het aan die hof vertel hoe Cloete op twee gevalle by 'n 60-jarige verstandelik gestremde man se huis ingebreek en hom verkrag het. Die voorvalle het op 8 April 2015 en 11 November 2016 in Suurbrak gebeur. 

Die slagoffer het alleen gewoon en het geen elektrisiteit in sy huis gehad nie. Ná die eerste voorval kon die slagoffer nie vir Cloete identifiseer nie. Hy kon hom wel ná die tweede voorval uitken.

Ntabazalila sê die staat het ook die departement van maatskaplike ontwikkeling versoek om versorging en beskerming van die slagoffer te verseker weens sy ouderdom en kognitiewe kwesbaarheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters