12 dae gelede
#KYK: Trokke in De Doorns geplunder
vandal
Mense in De Doorns betoog oor lone.  ~ Twitter

TEN MINSTE twee vragmotors is op die N1 in die De Doorns omgewing geplunder en leeggedra.

Netwerk24 berig dat inwoners in die omgewing oor lone betoog.

Vragmotors wat onderskeidelik televisies en een wat pizzas vervoer is leeggedra.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die situasie was Donderdagoggend vroeg gespanne en die pad in beide rigtings gesluit.

"Die polisie is ook op die toneel om die situasie te monitor." 

Africa voeg by: "Alle motoriste wat vanuit Touwsrivier kom moet by die voet van die Hexrivierpas regs draai en dan deur De Doorns ry om weer op die N1 te kom.

"Diegene wie vanuit Worcester kom moet by De Doorns links draai en dan weer by die voet van die Hexrivierpas op die N1." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters