19 dae gelede
Treindiens kom gedeeltelik tot stilstand
Laat: Meer treine is veronderstel om te ry.  ~ Leon Bonthuys

METRORAIL se treindiens tussen Muldersvlei en Dal Josafat is Dinsdagoggend gekanselleer.

Nana Zenani, 'n woordvoerder vir Metrorail, verduidelik die treindiens word tydelik gestop vir Transnet om herstelwerk te doen.

"Transnet werk tans aan hul oorhoofse lyne tussen Bellville en Kraaifontein. Die werk raak ongelukkig Metrorail se treindiens, en dit is waarom sommige treine gekanselleer is."

Metrorail het onderneem om pendelaars op hoogte te hou oor wanneer die lyn weer ingebruik sal wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters