13 dae gelede
Trein stamp lorrie om wat vrek
ongeluk: Die vragmotor is deur die trein omgestamp.Foto: samuel walters  ~ 

’N LORRIEDRYWER en sy passasiers het net betyds uitgespring voordat ’n trein teen die vragmotor gebots het.

Die voorval het Maandag omstreeks 19:00 langs die R44 buite die dorpie Hermon gebeur.

Die bestuurder van die vragmotor en nog twee insittendes het vee by die slagpale Tomis Abattoir buite Hermon afgelaai.

Die ongeluk het op pad terug gebeur.

Larry Terblanche, die eienaar­ van Tomis Abattoir, sê die lorry het op die spoor gevrek.

Die bestuurder en twee insittendes moes toe uitspring. Hy sê gelukkig is niemand beseer nie.

Uitsleep

Volgens hom kon die trein nie betyds briek om die ongeluk te vermy nie.

Gister het die breakdown gesukkel om die reuse-vragmotor wat langs die spoorlyn gelê het, te probeer optel en uitsleep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters