14 dae gelede
Touwsrivier treat ouma (113)
KERSIE OP koek: Ouma Griet by haar oudste dogter, Gertruida, en oudste agteragterkleinkind, Jaftha Maritz.Foto: Jan Swarts  ~ 

TOUWSRIVIER. – Daar is ordentlik partytjie gehou toe dié dorp se oudste inwoner Vrydag haar 113de verjaardag gevier het.

Die rooi tapyt is behoorlik uitgerol vir ouma Margaret “Griet” Maritz.

Die paparazzi se selfone kon nie ophou flits nie.

Ouma Griet het dié klein dorpie se hoofstraat tot stilstand gebring toe sy en haar gevolg die tog vanaf die AGS Tehuis vir Bejaardes tot by die AGS Kerk in Schoemansville per motorstoet en twee brass bands aanpak.

Ouma Griet het soos ’n regte celebrity opgetrek: ’n Stylish grys Mercedes-Benz was haar ride.

’n Private en luukse natuurreservaat wat al bekendes soos Paris Hilton, Angelina Jolie en Brad Pitt gehuisves het, het al die kos gesponsor vir dié groot dag. Eers is ’n kort diens in die kerk gehou.

Ouma het geen woorde gehad nie.

Sy het net met kopknikke beaam toe die kerkmanne haar lang lewe toeskryf aan die vyfde gebod.

Gebore

Dié gebod lui: “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.”

Ouma Magriet is in Calvinia gebore op ’n plaas genaamd Aspoort.

Later het sy in die distrik van Sutherland, Laingsburg, en Touwsrivier op verskeie plase gewoon voordat sy nesgeskop het in laasgenoemde se Steenvliet-woonbuurt.

Ouma Griet is die moeder van 14 kinders, van wie vier nog leef. Verder het sy 17 kleinkinders, 9 ­agterklein­kinders en 12 agteragterkleinkinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters