13 dae gelede
Tou nie lank in Touwsrivier
rooi span: Die Rasta-kamp se manne maak dit duidelik wie hulle likes. Foto’s: JAN SWARTS  ~ 

TOUWSRIVIER. – Inwoners was maar traag om vroeg­oggend hier tou te staan.

Die ANC, DA, EFF, National Freedom Party (NFP) en Good-party het reeds voor sonop gazebo’s opgeslaan.

Helaas, teen 10:00 het die mense eers begin uitstiek.

Gepronk

Hoewel die Vryheidsfront Plus ook ’n paar posters teen die skooldraad gehang het, was daar geen partyverteenwoordiger in sig nie.

’n Groep Rastas van die Zionpark-plakkerskamp het in hulle rooi T-shirts gepronk.

By die DA-tafel was dit nou nie juis ’n miernes nie, maar die partyverteenwoordigers het geduldig gewag vir customers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters