11 dae gelede
Tokkie laat koekie krummel
OUGAT: ’n Vrou soek raad met ’n tokkelos. Grafika ter illustrasie:TYRONE APOLLIS  ~ 

MONTAGU. – ’n Skraal vroutjie beweer ’n tokkelos het haar skaamdele aan die brand gesteek.

Die situasie is so erg dat die vrou nou erge pyn verduur.

Sy is baie senuagtig en skaam en het Son om hulp genader.

Sanna* glo vuil mense het die gedoente na haar huis gestuur.

“Die tokkelossie kom nou al meer as ’n maand hier en dan kom klim hy my sommer hier voor my 15-jarige kind op,” kla Sanna in trane.

Volgens haar weet sy nie hoekom die mense die tokkelos na haar gestuur het nie, want sy het niemand kwaad aangedoen nie.

“’n Vriendin van my sê dat ek ’n umpepo of bergwortel moet gebruikm dan sal hy wegbly,” vertel sy.

Mal

Sanna sê sy het toe by ’n kruiedokter in Robertson ten duurste umpepo en die wortel gaan koop.

“Toe ek die kruie in die huis aan die brand steek, het daai ding soos ’n mal ding aangegaan en selfs teen die mure begin uitklim,” beweer Sanna.

Volgens haar is haar seun ’n senuwrak en hy wil sommer uit die huis uit trek.

Sanna sê ook daar hang gedurig ’n aaklige reuk in die lug.

Sanna beweer die tokkelos gee in die vroeë oggendure die reuk af voordat hy verdwyn.

Volgens haar is die tokkelos nog jaloers ook en hy wil nie hê ander mense moet by haar kom kuier nie.

“Ek is raadop en vra asseblief dringend hulp sodat ek net van dié vieslike ding ontslae kan raak,” het Sanna gesmeek.

*Skuilnaam

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters