24 dae gelede
Toerbus brand voor tonnel
bus brand,worcester
'n Toerbus is op Erfenisdag op die N1 net voor die Huguenote-tonnel, aan Worcester kant, verwoes toe dit skielik aan die brand geslaan het.  ~ 

PASSASSIERS op ‘n toerbus moes vroeg Dinsdagaand haastig en vinnig uitklim toe hul bus aan die brand geslaan het.

Die bus is heeltemal vernietig en geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Son verneem daar is wel passassiers wie ligte beserings opgedoen het en ander wie vir rook inaseming behandel is.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê wel: "Die brand het aan die agterkant, by die engine compartment, begin." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters