Verlede maand
Tikkop en sy girl steel entjies
Ta! Die diewe het dié boodskappie vir die winkeleienaar gelos nadat hulle sy winkel besteel het.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Tikkoppe het by ’n winkel ingebreek, ’n paar duisend rand se sigarette gegaps – en ’n dankie-sê-boodskappie gelos.

Dié voorval het Woensdagmiddag tydens etensuur by die Lucky Dip-winkel plaasgevind.

Pa Jim van Tonder, soos hy alombekend is, bedryf sy shop al jare lank.

Woensdag tydens lunch het die tikkop en sy girlfriend hul slaggie kom slaan.

Van Tonder sê hy het sy hond tydens etensuur Ashton toe geneem toe daar by sy shop ingebreek is.

“Toe ek terugkom, het ek ’n klomp mense en die polisie op die winkel se stoep sien staan,” het Van Tonder nog verbaas vertel.

Volgens hom het die jong die deur se slot met ’n koevoet oopgebreek om toegang tot die winkel verkry.

Die girlfriend het buitekant pos gevang.

Volgens Van Tonder het ’n onbekende vrou later kom sê sy weet wie die skelms is. Sy het toe ’n beskrywing ook gegee.

Die cops het die girl kort ná die voorval vasgetrek, maar die boyfriend, net bekend as Alpha, is nog witweg.

Bos

Van Tonder sê die meisie het toe bos gelos en erken dat sy en haar berk by sy winkel ingebreek het.

Van Tonder sê hy het toe later in ’n jaart net agter sy shop sigarethouers met nog pakkies sigarette daarin gevind­.

“Hy het ook R3 000 gesteel en ek weet nie of ek dit weer gaan terugkry nie,” het Van Tonder gesê en swaar gesug.

Hy sê die vermeende entjie-dief­ is aan hom bekend­.

“Hy het ’n tattoo van ’n traan onder een oog. Ek het versekering, maar ek verneem hulle gaan nie die gesteelde geld aan my terugbetaal nie,” het hy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters