Verlede maand
Tienerseun steeds vermis
Liam Fowler  ~ Foto Verskaf

DIE soektog na ’n tienerseun van die Paarl gaan nog onverpoos voort.

Liam Fowler (16) is laas op die Sondagoggend van 5 Januarie by die Hugenote-treinstasie gesien.

Sy ouers het al oral gesoek en is rasend van kommer. Volgens sy pa, Mark Fowler, bid en hoop hulle Liam sal veilig terugkeer.

Geknip

Hy sou saam met ’n vriend op die Hugenote-stasie ’n trein na Somerset-Wes neem.

Die dag van sy verdwyning het Liam ’n blou denim en wit-en-geel langmou-hemp met ’n cream baadjie aangehad. Sy hare is kort geknip en hy het ’n tatoeëermerk op sy regterarm.

Enige iemand met inligting word gevra om Liam se pa, Mark, by 062 504 8955 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters