2 maande gelede
Tiener vas oor man se moord
Hendrik LouwFoto verskaf  ~ 

ALBERTINIA. – ’n Jong laitie (17) sit agter tralies nadat die 54-jarige Hendrik Louw met ’n panga doodgekap is.

Louw het om 11:40 Sondag op die toneel in Grootfonteinstraat gesterf.

Die tiener het Maandag in die hof in Riversdal verskyn op klagte van moord, die besit van ’n gevaarlike wapen en aanranding van ’n polisiebeampte. Die saak is tot vandag uitgestel en sal in die landdroshof op Albertinia voortgaan.

Volgens sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het die verdagte die slagoffer na bewering met ’n skerp voorwerp aangerand.

Hy het ook na bewering verskeie polisielede gedreig wat ’n klag van gesinsgeweld bygewoon het.

Rondgejaag

’n Nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word.

Die verdagte het na bewering sy suster met ’n mes in die huis rondgejaag.

Sy het uitgehardloop en die polisie in die straat voorgekeer.

Hy het weggehardloop, maar terwyl die polisie besig was om haar verklaring af te neem, is Louw aangeval.

Hy was blykbaar heel toevallig in die omgewing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters