27 dae gelede
Tesourie sê Drakenstein is beste
uitstekend: Die Drakenstein Munisipaliteit doen die beste in die Wes-Kaap.Foto: SON  ~ 

SUID-AFRIKA se munisipaliteite is onlangs op ’n ranglys geplaas volgens die mees finansieel gesonde munisipaliteite.

Suid-Afrika se 27 munisipaliteite met die grootste begrotings is in die land se ag metro’s en 19 sekondêre stede. Die George Munisipaliteit is amptelik die derde rykste stad in Suid-Afrika en tweede in die Wes-Kaap.

Die Drakenstein Munisipaliteit is die voorloper, met die Steve Tshwete Munisipaliteit (Mpumalanga) op sy hakke.

Die munisipaliteite van George­ en Emalahleni (Mpumalanga) deel die derde plek.

Kaapstad

Luidens die verslag oor die stand van plaaslike regering en finansiële bestuur soos op 30 Junie 2018 wat pas deur die tesourie uitgereik is, is die Wes-Kaap die provinsie wat die beste vaar.

In die Wes-Kaap is die Drakenstein Munisipaliteit eerste en George tweede. Die Stad Kaapstad en Stellenbosch deel die derde plek.

In die verslag word die munisipaliteite se finansies geëvalueer en gemeet aan die volgende kriteria:

1. Kontant as persentasie van bedryfsuitgawes;

2. volharding van negatiewe kontantsaldo’s;

3. oorgebruik van oorspronklike bedryfsbegrotings;

4. onderbesteding van oorspronklike kapitaalbegrotings;

5. debiteure as persentasie van eie inkomste;

6. jaar-tot-jaar-groei in debiteure;

7. krediteure as persentasie kontant en beleggings; en

8. vertroue op oordragte van nasionale en provinsiale regering.

Die tesourie het die metro’s en sekondêre stede sowel as 186 plaaslike munisipaliteite en 44 distriksmunisipaliteite – in totaal 257 munisipaliteite – beoordeel op die ag bogenoemde aanwysers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters