9 dae gelede
Tegniese probleme stuit saak
IN SY NOPPIES: Brian Mudyiwayana spog met sy nuwe wit gesigmasker.  ~ Basil Davids

SWELLENDAM. – Brian Mudyiwayana (37), ’n vermeende reeksmoordenaar, was Vrydag vreeslik onder smiles toe hy verneem dat hy nie die hele dag in die beskuldigdebank hoef deur te bring nie.

Met ’n splinternuwe wit masker wat onder die ken hang en netjies uitgevat, het hy in die dock gaan sit.

Die verrigtinge in die rondgaande hof kon weens die foutiewe recording system nie voortgaan nie.

Toe het Eskom ook beurtkrag tot laat in die middag ingestel.

Nadat Mudyiwayana se law­yer, Omar Arend, die nuus aan sy kliënt oorgedra het, het hy met sy duim gewys dat hy goed verstaan en toe gesmile.

Mudyiwayana staan hier tereg op ses aanklagte van moord. Hy het op hierdie aanklagte onskuldig gepleit.

Bloed

Hy het die moorde na be­wering van 2016 tot 2019 in verskeie dorpe gepleeg.

Daar word vermoed dat hy ’n slagmes gebruik het om die moorde uit te voer.

Al sy slagoffers se bloed is na bewering ná elke moord gedrink.

Mudyiwayana het glo ook ’n slang saam met hom gedra en dié het ook dan van die bloed ingeneem.

By elke hofsessie toon Mudyiwayana geen emosie nie.

Son verneem daar gaan nog ’n bietjie meer as 100 mense in dié opspraakwekkende saak kom getuig.

Die verrigtinge is tot vandag uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters