Verlede maand
Talle vrees nie Covid
Wagtend: Met Covid-gevalle wat skerp styg, tou die mense deesdae by gesondheidsinstellings.Foto:  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Baie mense is besig om met hul lewe te speel.

Dit is duidelik dat sommige die Covid-19-pandemie nie ernstig opneem nie.

In Robertson skiet die syfer van Covid-19-gevalle by die uur die hoogte in.

Op 24 Julie het die totaal op 160 positiewe gevalle gestaan. Teen Donderdag 09:00 was dit nog onveranderd.

Teen 17:00 op dieselfde dag het die syfer toe na 218 gestyg.

Siek pasiënte stroom nou na die toetssentrums om ’n Covid-toets te laat doen.

Leen

In die sosiale media het baie mense hul kommer uitgespreek.

Een ou, Titus Jansen, sê noudat die drankwinkels oop is, staan mense pal in rye daar – party sonder maskers en geen sosiale distansiëring word gehandhaaf nie.

Jansen sê hy sien ook hoe van die mense mekaar se maskers leen om by die drankwinkel hul aankope te doen.

’n Customer sê aan Son dat die sekuriteitsbeampte by een van die drankwinkels wraggies sien hoe ’n ander man sy tjommie se masker leen om ’n dop te gaan koop.

“Daai security worry glad nie en laat toe dat sulke goeters voor sy oë gebeur,” vertel die man bekommerd.

Nog ’n vrou, wat haar net as Bettie voorstel, braak net so gal.

Bettie sê soos wat dinge nou aangaan, kan die president die drankwinkels for keeps sluit.

“Nee, oe jitte, drank is die hoofoorsaak dat mense hulle nie in toom kan hou nie.

“Hulle drom saam en wanneer daai dop trek, worry niemand mos nie.

“Dan kom hulle ander met hul kieme aansteek,” sê Bettie vies.

Pleit

Dr. Ziska Adams spreek pasiënte nog daagliks by die Bergsig-kliniek toe om tog die virus baie ernstig op te neem.

Adams pleit dat mense die entstof moet kry om hulle teen dié gevreesde virus te beskerm.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters