21 dae gelede
Student ná kuier dood
Leandró HopleyFoto: instagram  ~ 

’N STUDENT van die Universiteit Stellenbosch is dood nadat hy gedrink het.

Leandró Hopley (18) is Woensdag dood ná ’n paartie in Huis Visser se klubhuis, King Fisher.

Die Sondagkoerant Rapport berig die eerstejaarstudent is vroeg die aand na sy kamer geneem.

Daar het hy vermoedelik opgegooi en in die braaksel verstik.

Hy is die aand hospitaal toe gevat, maar is Donderdag breindood verklaar. Vrydag is die asemhalingsmasjiene afgeskakel.

Gesukkel

Met die aanbreek van die derde kwartaal is dit die koshuis se tradisie dat studente in daardie week ’n paar doppe vat.

Rapport berig paramedici was op die toneel en het sy lugpyp skoon gesuig.

Hulle het daarna 40 minute gesukkel om sy hart weer aan die gang te kry.

Hy is na ’n staatshospitaal geneem en die volgende dag na ’n privaat hospitaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters