29 dae gelede
Stonebrokers en Infinity doen dit vir arm jeug
Help hulle: Die groep manne is toegewyd.Foto: Keith Meyer  ~ 

CALITZDORP. – Hulle sal letterlik klippe breek om die game­ te change.

Dis wat die groep toegewyde jong manne van Stonebrokers en Infinity met die jeug van hulle township doen.

Eslin Arendse, lid van die groep, vertel: “Ons fokus is op die minderbevoorregte jeug. Ons is tans besig met sokker-development. Ons spanne is o. 12, o. 13 en o. 15.

“Ons nuutste is die toevoeging van meisies, wat ook nou by ons sokker betrokke is.”

’n Groep plaaslike Duitsers bied tasbare ondersteuning aan Stonebrokers en Infinity.

Arendse voeg by: “Ons neem reeds aan toernooie deel, maar sukkel nog met toerusting. Ons sal dit waardeer as daar mense is wat kan help met toerusting soos truie en balle.”

Gelukkigheid

Toe die skole onlangs fietse as donasie ontvang het, het Stonebrokers ’n geslaagde program, Safe Cycle, aangebied wat moontlike fietsongelukke voorkom.

Ander opheffings- en ontwikkelingsprogramme is aangebied by die plaas­like ontspanningsplek Ou Tiep en Krymekaar langs die R62.

Die jong spelers en speelsters het hulle gelukkigheid met Arendse en die span uitgespreek.

Stonebrokers en Infinity se manne is die volgende wakker game changers: Christopher Tarentaal, Byron Tansen, Alfredo Horn, Adriaan Julies, Ifraim Fortuin, Taswell Horn en Roneldo Booysen.

Dié boys het nou ’n NPO geregistreer.

Bridgette Buys van maatskaplike ontwikkeling het die potensiaal van die jong manne raak­gesien en ook ’n skenking vir die sokkerspan gemaak.

Mense wat wil help, kan Arendse gerus skakel by 061 784 3241.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters