2 maande gelede
Staat evict 13 gesinne
onveilig: Die skool is ongeskik verklaar vir menslike verblyf. Foto’s: SAMUEL WALTERS  ~ 

GOUDA. – Die plakkers wat al sedert 2000 in dié dorp se ou laerskool woon, moet uit.

Die Wes-Kaapse departement van openbare werke het onlangs ’n uitsettingsbrief aan die plakkers uitgereik. Daarvolgens het hulle ses maande om die gebou te verlaat.

Volgens die brief is die gebou ongeskik vir menslike bewoning.

Verwyder

Son het die ou Laerskool Gouda besoek. Die toestande waarin die plakkers bly, is skokkend.

Daar woon tans 13 huis­gesinne in die gebou.

Daar’s geen toilette nie, die vullis word nie verwyder nie en daar is ook nie elektrisiteit nie. Onder die inwoners is bejaardes, swanger vroue, jong kinders en babas.

Die plakkers sê hulle het geen ander heenkome nie.

Die staat belowe huise, maar niks word gebou nie.

“Ons is ook mense met trots, maar ons is deur die staat in die steek gelaat.

“Daar is genoeg grond om nóg Hop-huise te bou.

“Maar hulle doen niks en verdien net ’n klomp geld,” sê hulle.

Van die jong meisies vertel hulle verkoop hulle lywe, want in die dorp is daar nie werk nie.

Die Laerskool Gouda was in die 1970’s en 1980’s vol kinders. Die meeste se ouers het by die departement van waterwese gewerk, maar nadat die Voëlvleidam gebou is, het die skool leeg­geloop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters