28 dae gelede
Spietkop te ruste gelê
tot siens: Bloues gee ’n laaste vaarwel aan Ruhan “Douwtjie” Douw (30) op sy begrafnis. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Die traffic cop wat laas Saterdag tragies in ’n motorongeluk omgekom het, is Saterdag vanuit die stadsaal begrawe.

Ruhan “Douwtjie” Douw (30) se kollegas het ’n erewag voor die ingang van die saal gevorm terwyl vriende en familie sy kis by die saal ingedra het.

Sy ouers, Jannie en Felicity, was baie emosioneel tydens die diens.

Die mayor, Henry Jansen­, het woorde van bemoediging aan die bedroefde­ familie oor­gedra.

Girlfriend

Ruhan het 10 jaar by Langeberg Munisipaliteit se verkeersdepartement gewerk. Hy is deur kollegas as ’n vriendelike en bestendige jong cop beskryf.

Sy girlfriend, Mehandre Matthys (20), en hulle baby, Zarah (10 maande), was saam met hom in die Golf GTI toe die noodlottige ongeluk plaasgevind het.

Zarah is al uit die Rooi Kruis Hospitaal ontslaan en Mehandre sterk in die Tygerberg Hospitaal aan. – Basil Davids

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters