Verlede maand
Sotte-aand bekyk
HIER: Die betasting het na bewering by die Hoërskool Robertson plaasgevind.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die Hoër­skool Robertson is onder die vergrootglas nadat laities na bewering tydens die sottekonsert en spookhuis-seremonie meisies betas het.

Son se bron beweer die skool wil die voorval toesmeer.

Daar is na bewering aan die leerders gesê hulle moet zip kap oor die gebeure.

Die voorval het, kort nadat die skooljaar begin het, op die skoolterrein gebeur.

Son se bron sê dit is ’n jaarlikse instelling dat leerders wat in gr. 8 is, vir ’n paar dae sotte is en ontgroen word.

Die kinders oefen ook vir ’n paar dae vir die gebruiklike sottekonsert.

Kort ná die konsert breek die oomblik dan aan dat die kinders na die sogenaamde spookhuis toe moet march.

’n Gr. 12-leerder het aan Son verduidelik hoe die hele opset nou eintlik werk.

Die leerder het gesê: “Nadat die sotte se konsert omstreeks 21:00 afge­handel is, kan die kinders amper soos in wegkruipertjie speel.

“Hulle kan oral op die skool se terrein gaan wegkruip en mekaar dan bangmaak.”

Die laities het na bewering tydens daai wegkruipertjie-speletjie hulle kans gesien om die girls te betas.

Volgens nóg ’n bron het die meisies hulle ouers kort ná die voorval vertel wat gebeur het.

Die laities is onmiddellik uit die skool geskors en sal verhoor word.

Van die ouers bespiegel die skool wil die beweerde wangedrag onder die mat invee.

Een van die ander ouers het gesê hy stem saam met die sottekonsert, maar meen die spookhuis-seremonie moet gestaak word.

Die bekommerde ouer het verder gesê: “Dit is nie gesond nie.

“Daai kinders wat die slag­offers is, sal nou nie op hulle skoolwerk kan konsentreer nie, en dan moet hulle vir die res van hulle lewe daarmee saamleef.”

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die departement is verlede week van die voorval in kennis gestel.

“Die skool hanteer dit in lyn met die skool se gedragskode.

“Die nodige ondersteuning sal aan die betrokke leerders gebied word.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters