3 maande gelede
Son-storie help
versuip: Só het die plaat water by Papier-hulle se huis gestaan ná die groot reën. Foto’s: SAMUEL WALTERS  ~ 

GOUDA. – ’n Gesin van hier is uiters dankbaar teenoor Son.

Lateefah Papier sê toe niemand vroeër vandeesweek by hulle wou staan tydens die erge storms nie, was Son hulle ligstraal.

Papier sê dit was een van die angswekkendste tye wat sy al ooit beleef het toe die dreigende stormwater hulle op ’n “eiland” vasgekeer het.

Dit was nadat die Klein-Bergrivier sy walle oorstroom en hulle hele huis met water omring het.

Papier sê: “Ek het Son gebel om ons te red, want die res wat ons probeer bel het, kon nie in daardie stadium help nie.”

Nadat die berig van hulle dilemma met die water verskyn het, het die Drakenstein-munisipaliteit met die gesin in aanraking gekom.

Sy sê: “Daar word nou aan ’n oplossing gewerk om ’n digger te kry om te help met die wegvoer van die water en om dit te herlei na ’n kanaal sodat die huis en ons gesin buite gevaar kan wees.

“Ons het nou ook alle noodnommers en ons krag is ook herstel, alles deur Son wat ons so mooi gehelp het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters