6 dae gelede
Snorman is Good se kandidaat
patricia de lille, peter de villiers
Patricia de Lille, leier van Good, saam met Peter de Villiers, Good se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein.  ~ 

VAN die rugbyveld na die raadsaal.

Dit is waarheen Peter de Villiers, voormalige breier van die Springbok-span, mik.

Snorman, soos hy ook bekendstaan, is Sondag as die Good Party se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein aangekondig.

De Villiers was in 2008 as die eerste persoon van kleur as afrigter van die nasionale rugbyspan aangestel.

Met De Villiers as breier het die Bokke 30 van hul 48 wedstryde gewen.

Sy suksesse sluit in die Drienasies-titel in 2009, asook ’n reeksoorwinning oor die Britse en Ierse Leeus dieselfde jaar.

Met De Villiers aan die roer van sake, het die Bokke ook die All Blacks vir die eerste keer in Dunedin ore aangesit.

Die boorling van die Paarl is saam met ander burgemeesterskandidate van die party vir die komende munisipale verkiesing bekendgemaak.

Patricia De Lille, leier van die Good Party, het tydens die aankondiging beklemtoon dat dit belangrik is dat die stem van kiesers in ’n verkiesing gehoor word.

“Nie een van ons weet wat die uitslag van die verkiesing gaan wees nie. Ons toekoms is in die hande van kiesers,” het De Lille gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters