23 dae gelede
Slenter laat oue flou val
SCAM: OTM-swendelaars op die platteland het ’n bejaarde vrou diep geskok met hul skelmstreek by die tellermasjien.  ~ Foto ter illustrasie: Son

ROBERTSON. – OTM-boewe het ’n pensioentrekker laat flou val toe hulle haar amper van haar laaste AllPay-geldjies beroof het.

Die arme antie het nou die dag haar laaste oulappie sommer hier by die pang se cash-masjien in sy shop gaan onttrek.

Sy’t nie besef sy sou amper die slagoffer van swendelaars wees nie.

Sent

Adri Pretorius, ’n winkelassistent, sê die betrokke tannie het in die winkel gekom en toe reguit met haar AllPay-kaartjie na die tellermasjien gestap.

Sy het die kaart ingedruk en haar PIN ingepunch, maar toe was daar nie eens ’n sent te sien nie.

Sy het nog eers ’n paar minute gestaan en wag dat die geld uitgespoeg moet word, maar niks het gebeur nie.

Pretorius sê hy hou maar altyd ’n ogie oor die OTM, veral wanneer bejaardes geld kom trek.

“Die antie het toe vir my kom sê sy het geld getrek, maar die masjien het nie die geld uitgeskop nie,” vertel Pretorius nog hoogs verbaas.

Sy het ook die transaksie-slippie as bewys aan die pang gewys.

Volgens Pretorius het hy die antie toe gevra om die transaksie oor te doen.

“Ek’t gesê sy moet haar bankkaartjie weer in die gleufie druk en dan weer haar PIN indruk,” vertel Pretorius aan Son.

Pretorius sê toe die transaksie suksesvol blyk te wees, maar die geld kom weer nie uit die OTM nie, het hy toe self sy vingers in die gleufie gedruk waar die kontant moet uitkom.

“Toe voel ek iets daar,” vertel Pretorius.

Hy sê toe hy die voorwerp loswoel, toe kom daar vir jou ’n klomp geld uit daai masjien.

“Die antie het on the spot flou geval toe sy daai klomp geld sien wat uit die masjien spat,” vertel Pretorius.

Son verneem die betrokke antie is fine en sy het die geld teruggekry wat sy veronderstel was om te onttrek.

Pretorius sê die winkel se eienaar het die voorval onder die aandag van die polisie gebring en hulle ondersoek die voorval.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters