Verlede maand
‘Slagter’ op 6 April in hoërhof
Bryan Mudyana (32)  ~ Foto Verskaf

SWELLENDAM. – Bryan Mudyana (32), wat na bewering hordes vroue vermoor het, se saak is tot 6 April na die Kaapse hooggeregshof uitgestel.

Son het verlede jaar berig oor die vermeende killer wat glo vroue tussen 2016 en 2019 om die lewe gebring het.

Sy jongste slagoffer, volgens die klagstaat, was ’n man van De Doorns, wie se lyk in ’n vlak graf gevind is.

Mudyana, ’n Zimbabwiër, het Maandag vlugtig in die landdroshof verskyn.

Beendere

Die bewering is dat die vroue-slagoffers met messe aangeval en doodgesteek is. Dit blyk hulle is ook verwurg.

In ál die gevalle is Mudyana se slagoffers vermoor en dan in vlak grafte begrawe.

Mense het op die beendere afgekom en dit aan die polisie bekend gemaak.

In hierdie stadium kan die cops nog nie sê wat die motief vir die moorde was nie.

Mense het destyds bespiegel dat Mudyana die mense afgeslag het om hulle bloed na buurlande te stuur.

In ál die moorde is die be­wering dat Mudyana alleen was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters