23 dae gelede
Seunjie (2) val van balkon af
Worcester ma Milicen
Millicen en haar tweejarige Melvino Arendse.  ~ Verskaf

"EK het gedink ek gaan my kind net daar verloor." 

Só vertel ’n hartseer Millicen Arendse (26), van Roodewal in Worcester, wie se tweejarige seuntjie Sondag van 'n balkon afgeval het.

Kleine Milvino het gespeel toe hy per ongeluk teen die tralies op die tweede verdieping leen, minwetende dit is stukkend.

Die kleuter het agteroor geval, tot onder op die grond.

Arendse vertel sy het die skok van haar lewe gekry.

"Ek was binne gewees toe mense na my hardloop en vir my skree.

"Toe ek uitgaan en my kind daar sien lê met almal wat om hom staan het ek gedink hy is dood."

Sy noem dat sy so geskok was dat sy nie 'n woord kon uitkry nie.

Met die ambulans wat te lank gevat het is Milvino met 'n vriendin van sy ma se bakkie na die Worcester-hospitaal gehaas.

Hy is daar behandel en later na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

Arendse het Maandagmiddag aan Son gesê: "Dit gaan baie beter met Milvino en hy is uit gevaar." 

Sy noem dat hy bietjie bloeding onder sy een oog het en dat 'n beentjie agter sy kop het gekraak.

"Die dokter sal hom vir die volgende twee dae monitor, maar ons glo sterk dat hy binnekort ontslaan sal word."

Arendse sê sy is net dankbaar haar kind lewe, omdat dinge so anders kon uitdraai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters