Verlede jaar
Seun (15) sterf op rugbyveld

'N JONG rugbyspeler van die Sekondêre Skool Albert Myburgh in Bredasdorp is Donderdagmiddag op die veld dood ná hy vermoedelik 'n nekbesering opgedoen het. 

Benwill Adelaar (15) het die besering in 'n o.15 A-wedstryd teen die Sekondêre Skool Villiersdorp opgedoen.

Kenneth Dunsdon, hoof van Albert Myburgh, sê aan Netwerk24 Benwill het vir 'n kort rukkie behandeling ontvang nadat hy die besering opgedoen het, maar het daarna aan sy wonde beswyk.

Volgens 'n stemboodskap wat Son ontvang het, het mediese personeel die seun op die veld dood verklaar.

Mense het op sosiale media met skok van die seun se dood verneem.

Nicolene Maans skryf op Facebook: "My innige meegevoel aan die jongseun se gesin en familie asook aan Albert Myburgh. Mag god vanaand almal deur die seer dra.

"As ek net dink aan hoe hartseer my broertjie vanaand by die huis aangekom het. Sjoe, dit was 'n harde slag vir beide skole."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters