Verlede maand
Seun sit my deur hel, sê Godsgesant
OOK STUKKEND: Past. Joey Ficks (50) wys hoe flenters die deur is.  ~ Foto Verskaf

ROBERTSON. – ’n Pastoor sê hy het al by die dood omgedraai soos sy tikkop-klong sy lewe hel maak.

Past. Joey Ficks (50) vertel ook hy het sy touch met sy gemeente verloor, want hy het nie meer die krag om die Woord en gebed na hulle uit te stuur nie.

“My seun wat ek in die huis van die Here grootgemaak het, het nou soos ’n duiwel uitgedraai,” sê Ficks met ’n knop in die keel.

Ficks sê hy het die afgelope week by die polisiestasie ’n interdik teen sy klong, Shanewill (23), gaan uitneem.

“Dinge ruk al die afgelope twee jaar handuit. Hy wil my met ’n panga doodslaan,” sê Ficks hartseer.

Volgens Ficks is dit net blinde geluk dat Shanewill hom elke keer met die panga misslaan.

“Hy het al die huis se ruite uitgeslaan, en elke kamer se deur is ook met die panga flenters geslaan,” vertel Ficks. Volgens hom het die klong selfs die yskas met die panga toegetakel oor daar nie kos was nie.

“Hy ontaard in ’n monster en dan slaan hy alles wat in sy pad kom stukkend,” vertel die bedroefde pa.

Ficks sê hy is al so skaam wanneer hy shop toe gaan om nog ruite te gaan koop.

“Hulle noem my al ‘Mr. Ruite’ wanneer ek die ruite gaan koop,” sê Ficks en laat sak sy kop in skaamte.

Ficks vertel toe sy vrou die dag die lewe aan Shane­will skenk, was hy ’n lieflike baby.

“Ons het nog vir God bedank vir die pragtige ou klonkie en beloof ons sal hom in die huis van die Here grootmaak, maar toe het ons kind in ’n duiwel ontaard,” sê Ficks mismoedig.

Traan

Volgens Ficks het hy onlangs by die dood omgedraai toe hy ’n beroerte gekry het.

“Drie dokters moes my lewe red as gevolg van daai klong wat my lewe hel maak,” vertel Ficks met ’n traan in die oog.

Volgens Ficks moet Shane­will die huis verlaat en dringend hulp kry.

Shanewill was tydens Son se besoek nie by die huis nie. Die pa sê dis maar hoe hy maak en hy sal nie vrae oor sy dinge face nie.

Vrydag was Shanewill wel by die huis.

Hy het hom in die kamer toegesluit en wou nie kommentaar lewer nie. Hy het eerder gedreig om sy pa se huis te verlaat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters