5 maande gelede
Seun bevrees
STUKKEND: Merlon Oktober is erg geslaan.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – ’n Matriekleerder vrees om skool toe te gaan en sukkel om te herstel nadat ander skoollaities hom aangerand het.

Merlon Oktober (17) is twee dae voor hy sy matriekjaar sou begin, so lelik aangerand dat hy in die hospitaal beland het.

Merlon se mammie, Annovia, het baie ontsteld aan Son gesê: “Die mense hiervoor verantwoordelik het gemeen om Merlon morsdood te slaan.”

Hy is erg getraumatiseer en baie bang om skool toe te gaan oor sy aanvallers in dieselfde skool as hy is.

Annovia sê Merlon was die aand van die aanval saam met sy boetie Lenox (14) by ’n winkel toe ’n ander groep jong ou­tjies hulle uittart.

Annovia sê Merlon het na die ouens toe gestap en hulle het mekaar rondgeruk. Daarna was alles verby.

Volgens Annovia het ’n jong uit die bloute met ’n wynbottel op Merlon afgestorm en hom een hou oor die kop geslaan.

Merlon het op die grond neergeval en toe skop die jong hom nog ’n paar houe in die gesig ook.

Annovia sê een van die laities wat met Merlon skoorgesoek het, se pa het toe met sy hond ook op Merlon afgestorm.

Die hond het Merlon toe in die agterstewe gebyt.

Merlon het uitgepass en mense wat alles sien gebeur het, het gedink Merlon is dood.

Die cops het by die toneel opgedaag en ’n bebloede Merlon na die hospitaal geneem.

Hier het verpleegpersoneel sy wonde behandel en skoongemaak.

Nou beweer Annovia dat alles oor rugby gaan, aangesien Merlon ’n goeie speler is en sekere outjies baie jaloers op hom is.

In ’n onlangse WhatsApp-boodskap dreig een van die outjies dat hy Merlon nog gaan vrek maak en dat hy dan maar tronk toe kan gaan.

In die boodskap vloek hy ook sy ma se p**s.

“My kinders is senuwrakke, want die kinders wat hiervoor verantwoordelik is, gaan saam met my kinders skool.

“Ek is bevrees dat hulle weer gaan seerkry,” het ’n bekommerde Annovia gesê.

Annovia het reeds ’n saak by die polisiestasie gemaak en het ’n saaknommer gekry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters