Verlede maand
Ses plaaswerkers dood in ongeluk
trok
So het die ongelukstoneel gelyk.  ~ Skermgreep

NEGE plaaswerkers is Dinsdagdood toe twee trokke, waarvan een plaaswerkers vervoer het, trompop met mekaar gebots het.

Die ongeluk het op die N1 tussen Touwsrivier en die Hexrivierpas naby die afdraai na Montagu plaasgevind, sê Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap.

Ses mense is op die toneel dood verklaar en drie ander is later in die dag dood.

Africa het kort na die ongeluk gesê: “Daar was altesaam 29 mense op die vragmotor. Altesaam 11 ander is na die Worcester-hospitaal vervoer terwyl een, wat baie ernstige beserings opgedoen het, per helikopter na Kaapstad vervoer is.

Die ander trok is na bewering van die Time Link Cargo-groep.

In videos van die toneel kan die angsgille van die plaaswerkers gehoor word.

’n Man in die video sê hy moes die trok (van Time Link) afskakel, want die trok het lank na die ongeluk nog ge-idle.

Betreur

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

“Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.”

Agri Wes-Kaap het die plaaswerkers se ontydige dood betreur. Jannie Stry­dom, uitvoerende hoof, sê die lewensverlies van hierdie mense wat tydens die nasionale inperkingstydperk voortgegaan het om ’n noodsaaklike diens te lewer, is ’n geweldige skok.

“Agri Wes-Kaap betuig graag ons innige medelye aan al die naasbestaandes van die slagoffers. Ons gebede is ook by die mense wat beseer is en ons glo en vertrou dat hulle vinnig en volkome sal herstel.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters