Verlede maand
KYK: 'Serial killer' in hof
hof
Siyamcela Sambombela het Dinsdagoggend sy eerste hofverskyning gemaak.  ~ Jonathan Lestrade

'N VERMEENDE serial killer het Dinsdag in die Wolseley-landroshof vir die moord op drie vroue verskyn.

Siyamcela Sambombela (33) word aangekla van die moorde op Bernadine Frans (23) en nog twee onbekende vroue.

Twee van die onbekende vroue se lyke is Sondag in vlak grafte by die Pine Valley-plakkerskamp gevind.

Frans se lyk is Saterdagaand by Sambombela se karavaan gekry, waar hy oppad was om haar ook in 'n vlak graf te gaan begrawe . Die cops het ook 'n graaf op die toneel gekry.

Sambombela het in die hof aangedui dat hy nie om borgtog gaan aansoek doen nie en van regshulp gebruik gaan maak.

Ontstoke inwoners het buite die hof betoog. Hulle beweer die cops het hulle om die bos gelei deur te sê die verdagte gaan eers Woensdag in die hof verskyn.

Die saak is tot 9 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters