3 maande gelede
‘Samaritane’
hulle help: ’n Warm koppie sop wat vir talle ’n uitkoms is. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Drie pensioe­narisse voed dié winter meer as 200 mense.

Die vroue staan daagliks douvoordag op en laat hulle soppotte begin prut.

Charmain Schee­pers, Magrieta Cupido en Johanna Plaatjies gebruik van hulle AllPay-geld om die sop se bestand­dele te voet te gaan koop.

Daar is selfs ’n stukkie vleis in die sop en almal geniet dit terdeë.

“Ons het as jong kinders hier op die dorp ook maar baie moeilik gekry,” vertel die vroue.

Volgens hulle is dit vir hulle ’n riem onder die hart om elke bibberkoue dag groot én jong kinders happy te sien wanneer hulle met hulle sopkoppies na hulle kombuis stroom.

Scheepers sê: “Ons is nog elke dag geseënd, never mind dat ons ons eie geldjie gebruik wat ons in die kombuis en gemeenskap ploeg.”

Klein

AO Sylvester Joseph, polisiewoordvoerder, sê die polisie, die plaaslike GPF en leiers uit die gemeenskap ondersteun die vroue.

Dit is om daagliks in die behoeftes van die hongeres van die klein gemeenskappie te voorsien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters