6 maande gelede
Rus ewig in riool
onbruikbaar: Lucky Maneli klim uit ’n graf wat sopnat is.Foto’s: jonathan lestrade  ~ 

INWONERS van Riebeek-Kasteel is bekommerd oor ’n begraafplaas wat reg langs ’n rioolaanleg gebou word.

Water loop in die grafte wat daar gegrawe is.

Lucky Maneli, ’n plaaslike EFF-leier, sê dié grafte kan nie gebruik word nie.

“Die water loop in die grafte in. Die hele plek is vol modder. Die begraafplaas is langs ’n sewage-lyn en dit loop in die grafte in.”

Faiza Davids, ook ’n inwoner, stem saam mense kan nie daar begrawe word nie.

“Hoe kan die sewage-plaas gebruik word vir ’n begraafplaas? Die munisipaliteit moet aan die mense se dignity dink.

“Die Konstitusie sê tog mense se waardigheid mag nie aangetas word nie.”

Davids beweer toe iemand daar begrawe is, moes versterkings gebruik word om die raam op te hou terwyl die kis sak.

Volgens haar is daar vir hulle gesê civil engineers het die grond bestudeer.

“Die begraafplaas is dan langs die sewage plant. Wat van die watertafel?” wou sy weet.

Ontevrede inwoners beweer voorts die begraafplaas sal nou seker net gebruik word om die bruin en swart mense te begrawe – die wittes sal volgens hulle nie daar begrawe word nie.

Desiree Bess, ’n wyksraadslid op die dorp, sê toetse is gedoen voordat besluit is om die begraafplaas daar te bou.

“Die grond was toe droog,” sê sy.

Volgens Bess word sug­slote gemaak sodat die grond vir grafte gebruik kan word.

Joggie Scholtz, bestuurder van die Swartland-munisipaiteit, sê impakstudies is op die grond gedoen. Dit het aan al die vereistes voldoen.

“In die ou begraafplaas is 12 persele oor.

“Ons begrawe ook nie mense volgens hulle kleur nie. Die mense kan gaan lê waar hulle wil.”

Scholtz sê sugdreinering is tans aan die gang om die water uit te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters