3 maande gelede
Rower wond cop noodlottig wat hom agternasit
oorlede: Die polisiekonstabel N. Kolina van die misdaadvoorkomingseenheid by die Stellenbosch-polisiestasie is Woensdagaand aan diens doodgeskiet.FOTO VERSKAF  ~ 

’N COP van Stellenbosch het met sy lewe betaal toe hy ’n gewapende rower wou stuit.

Die 32-jarige cop, bekend as konst. N. Kolina, van die misdaadvoorkomingseenheid, is noodlottig gewond toe hy ’n verdagte tydens ’n gewapende roof agterna gesit het.

Die voorval het Woensdag 21:50 langs Baden Powell-rylaan by Vlottenburg naby Stellenbosch plaasgevind.

Kolina het glo een van die gewapende verdagtes gejaag wat by die plaas Meerlust in die bosse in gehardloop het.

Dit was donker en die cop is na verneem word in die gesig geskiet.

Hy het sy volle polisie-uniform en ’n bulletproof vest aangehad.

Kolina het op sy rug gelê en sy polisie-cap was vol bloed. Hy was reeds dood toe die paramedici op die toneel opdaag.

Gepatrolleer

Die cops het inligting van ’n beplande huisroof by ’n plaas in die Stellenbosch-omgewing opgevolg.

Die naam van die plaas was aanvanklik onbekend en die cops het die gebied gepatrolleer toe hulle die verdagtes opmerk.

Hulle het die verdagtes agterna gesit en in ’n oor-en-weer-skietery is die konstabel noodlottig gewond.

By nader ondersoek is daar vasgestel dat die beplande rooftog al 20:00 uitgevoer is op ’n plaas in die Vlottenburg-omgewing.

Die verdagtes het weggekom en die cops is nog op soek na hulle.

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Khombinkosi Jula, het sy medelye met die heengaan van die konstabel uitgespreek.

  • Mense met inligting oor die voorval word gevra om die polisie se Stop Misdaad-nommer te skakel by 08600 10111.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters