11 dae gelede
Riool bly kopseer in Bollievale
KEELVOL: Ivette Kuhn sê hulle kan nie meer deal met die stank nie.  ~ Basil Davids

BONNIEVALE. – Inwoners van Mountain View sê hulle is al dik vir strontwater.

Die inwoners braak omtrent gal oor rou rioolwater wat die hele wêreld vol loop.

Hulle kan nie eens by hul voordeur uitkom nie, dan begroet die bollie hulle.

Volgens die inwoners kan hulle nie meer die nare reuk verduur nie en hul kinders speel nog in daai water.

Ivette Kuhn sê namens die briesende inwoners die stinkende water loop strome oral in hul strate.

“Ons as gemeenskap is nou net mooi gatvol van die k*kwater. Die munisipaliteit moet sy dreine regmaak,” spreek Kuhn haar uit.

Kuhn het selfs ’n video op Facebook gepost sodat mense moet sien wat in hul woonbuurt aangaan.

Stem

Nog ’n inwoner, Sam Geduld, het prontuit aan Son gesê dié munisipaliteit gee nie ’n flenter om wat in hul buurt aangaan nie.

Geduld sê: “Met die verkiesing om die draai moet ons mos vir hulle stem, maar f*k hulle. Ek gaan nie weer my stem uitbring nie.”

Volgens Kuhn vermaan ouers­ hul kinders om nie in die water te speel nie.

“Dit is mos ’n groot gesondheidsrisiko en onse kinders kan siektes opdoen,” sak Kuhn af.

Ingenieurs van die Langeberg-munisipaliteit het gisteroggend die woonbuurt besoek om vas te stel waar die dreinprobleme lê.

Rdl. JJ Januarie het aan Son verduidelik dat mense onwettige strukture op ’n stuk grond gaan oprig het.

Januarie sê een inwoner het sy shack bo-op ’n afvoerpyp opgerig en dit het die pyp laat bars.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters