6 maande gelede
'Reeksverkragter' bygedam
John Williams
'REEKSMOORDENAAR': Johan Williams by die Wellington-landdroshof. Foto: Peter Abrahams  ~ 

Die gemeenskap het vanoggend behoorlik afgegaan op 'n vermeende reeksverkragter.

Johan Williams is met sy hofverskyning buite die Wellington landdroshof lelik uitgevloek. 

Een vrou het hom sommer met 'n mop bygedam.

Williams het verskyn op drie klagtes van moord, twee van verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Son het eksklusief in Julie berig hoe Williams erken het dat hy Natalie Jonkers, Maria Isaacs en Chantell Matthysen vermoor het.

Tydens 'n onderhooud in die Allandale-gevangenis, waar hy aangehou is, het Williams toe beweer sy girlfriend het dit in sy kop geprint om die dade te pleeg. Dit was glo om te wys hoe lief hy haar het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters