18 dae gelede
Rapist wou met sy victim trou
Vieslik: Pakamani Ndevu gaan lank sit nadat hy ’n jong vrou twee keer verkrag het.Foto ter illustrasie: ewald stander  ~ 

STELLENBOSCH. – Hy het sy slagoffer die donkerte ingesleep en verkrag.

Sy het nie geweet wie hy is nie. Maar toe vat hy haar vir seconds na sy broer se shack, en sy slagoffer sien hoe haar verkragter lyk...

Pakamani Ndevu gaan vir lank nie die buitekant sien nie.

Streeklanddros Fezile Tonisi het hom Woensdag in die Stellenbosch-streekhof vir 25 jaar mang toe gepos. Tonisi het ook beslis dat Ndevu vir 20 jaar in die tjoekie moet sit vir twee counts van rape en een van ontvoering, voordat hy vir parool in aanmerking kan kom.

Ndevu het sy slagoffer in Junie vanjaar by ’n tavern in Khayamandi oorrompel toe sy van haar werk na haar boyfriend op pad was.

Ndevu het haar die bosse ingesleep, ’n mes uitgepluk, beveel dat sy haar broek uittrek en haar toe verkrag.

Sy victim het getuig sy kon weens die donkerte nie haar aanvaller identifiseer nie.

Maar toe vat Ndevu haar na sy broer se shack, sit die lig aan en verkrag haar vir ’n tweede keer op ’n tafel binne ’n shack.

Gesmeek

Dit het hom nie gepla dat sy sy gesig kon sien nie.

Sy slagoffer het getuig nadat hy haar ’n tweede keer verkrag het, het hy gesê hy is lief vir haar en wil met haar trou.

Ndevu het ook aangedring op haar selnommer en het haar toe agterna gesmeek om niemand van die verkragtings te vertel nie.

Vir haar stilswye het hy haar R10 000 aangebied.

Toe sy by haar berk kom, het die slagoffer bos gelos en die saak onder die cops se aandag gebring.

Die cops het Ndevu die volgende dag gekontak om ’n draai by die polisiestasie te maak en het hom toe gearresteer.

Sy slagoffer het hom op ’n uitkenningsparade uitgeken.

Ndevu het skuld ontken en volgehou die seks was consensual.

Volgens hom het die slagoffer vrywillig saam met hom gegaan omdat sy lus was om brandy met hom te drink.

Streeklanddros Tonisi het sy storie verwerp en Ndevu 25 jaar tronkstraf opgelê.

Tonisi het beslis Ndevu moet ’n minimum van 20 jaar van sy vonnis uitdien voordat hy parool kan kry.

Ndevu was asvaal in die gesig en het behoorlik gebewe toe hy sy lot hoor.

Die ma van sy een maand oue baby het in trane by die hofsaal uitgestorm.

Rape is ’n ernstige misdaad,” het Tonisi gedurende vonnisoplegging gesê.

“Jy het ’n ernstige misdaad gepleeg deur ’n vrou te ontvoer, ’n mes te gebruik om haar aan jou te onderwerp en haar toe twee keer te verkrag. Violently!”

Tonisi het ook gesê Ndevu het sy regsverteenwoordiger weerspreek deur dik te hou dat hy en die slagoffer slegs een keer seks gehad het.

  • In ’n ander vonnis ook in die Stellenbosch-streekhof is die 28-jarige Jacobus Hanekom tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die diefstal van R23,90 se koperkabels.

Hanekom, wat haweloos is, het op 8 Junie dié jaar die kabelbedrading van die boom by die Du Toit-treinstasie gesteel.

Sekuriteitswagte het hom op heter daad betrap.

Streeklanddros Tonisi het aan Hanekom gesê hoewel die waarde van die gesteelde koper slegs R23,90 was, die impak van sy diefstal veel erger kon gewees het.

“Kabeldiefstal is ’n euwel wat deesdae groot verwoesting en ongerief in gemeenskappe saai.

“Nie net het jou aksies die verkeer ontwrig nie, maar die lewe van die passasiers op treine kon ook in gevaar gewees het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters