22 dae gelede
‘Rape-verdagte beter nie bail kry’
toneel: ’n Meisie (6) is tussen dié shacks verkrag.Foto: bohemia hoffmeester  ~ 

’N SESJARIGE meisie is steeds in die hospitaal nadat sy op Vrouedag verkrag is.

Vroue van Grabouw het Donderdag voor die Grabouw-landdroshof betoog toe die beskuldigde aansoek gedoen het vir borgtog.

Die betogers het ook ’n memo­randum aan die burgemeester oorhandig.

’n Gemeenskapswerker wat anoniem wil bly, sê die kind is ook anaal verkrag. Sy is ure later poedelnakend in Blikkiesdorp tussen die shacks gevind.

Die gemeenskapswerker sê: “Dit was so erg, ek kan dit nie eens beskryf nie.

Gelos

“Daai jong het musiek gemaak vir die kinders en terwyl hulle lekker gedans het, het hy die meisie weggelok.

“Toe hy sy ding met haar gedoen het, het hy haar net so kaal langs ’n shack gelos.”

Die gemeenskapswerker sê die verdagte is van Khayelitsha en dat hy onlangs daar kom woon het.

Sy dreig dat die inwoners nie meer sal toelaat dat inkommers in hulle gemeenskap kom bly nie.

Sy vaar uit: “Ons het nou mooi genoeg gehad daarvan dat ons kinders so seergemaak word.

“Ons sal sorg dat hy nie bail kry nie!”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters