2 maande gelede
Rape-saak: Inwoners wil bail keer
 ~ 

DIE vark wat aangekla word daarvan dat hy Saterdagaand ’n 10-jarige meisie op Agtertuin, ’n plaas buite Ceres, verkrag het, gaan Maandag aansoek doen om bail.

Mark Mentor, CEO van die Witzenberg Abuse Crisis Centre en voorsitter van die Ceres-gemeenskapspolisiëringsforum, sê hulle beplan om Maandag by die hof te betoog.

“Ons gaan ’n petisie aan die hof oorhandig en wil ook hê assessore moet aangestel word in sake soos dié.”

Mentor sê die kind en ’n maatjie het gespeel toe die man daar aankom en sê hy moet geld vir die meisie se ma vat.

“Hy is bekend by die mense en sy is saam met hom weg.

“Hy het haar met ’n mes gedreig en verkrag.”

Son verneem dat die man alles vooraf beplan het, want hy het ’n duvet saam met hom gehad.

Wys

Die kind was teen 19:40 nog nie by die huis nie en haar ouers en familie het haar toe gaan soek.

Dis toe dat die erg getraumatiseerde kind by die huis aangehardloop gekom het.

Die polisie is laat kom en sy het vir hulle gaan wys waar op die plaas die voorval gebeur het.

Die mes en die man se keps het nog daar gelê.

Die man het op die plaas gebly.

Son verneem ook dat mense op die plaas glo die man met ’n baksteen aangerand het.

Volgens Mentor kry die meisie berading en word sy deur maatskaplike ontwikkeling en ander organisasies bygestaan.

Hy sê hulle was reeds by die ouers.

Die verdagte was voorheen ag jaar in die tronk vir verkragting en was nog net ’n jaar buite.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters