4 maande gelede
Raakvatter sterf skielik
RINA JANSENFOTO VERSKAF  ~ 

MCGREGOR. – Die dorp het ’n ware staatmaker verloor.

Rina Jansen (73) is Maan­dag­oggend in die kliniek hier oorlede nadat sy skielik inmekaar gesak het.

Haar 46-jarige seun, Peter, sê hy was op pad parlement toe toe hy die tyding oor sy ma gekry het.

Peter, wat ’n soldaat is, sê sy ma het baie vir haar gemeenskap omgegee en veral vir kinders.

Besoek

Hy sê: “Wanneer kinders met verkeerde dinge besig was, het sy hulle altyd vermaan en haar wysheid aan hulle probeer oordra.

“Sy het baie siekes by hulle huise gaan besoek en hulle moed ingepraat.

“Sy was aktief in haar kerk. Haar gemeente gaan haar mis.”

Rina laat haar man, asook 4 kinders, 13 kleinkinders en 3 agterkleinkinders, agter.

Haar begrafnisdiens sal 10:00 volgende Saterdag in die Nuwe Apostoliese Kerk gehou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters