11 dae gelede
Raad ondersoek onreëlmatighede
ray van rooy,mayor
Bergrivier Mayor Ray van Rooy  ~ 

DIE Bergrivier-munisipaliteit het tugstappe gedoen teen van sy werknemers wat na bewering betrokke is by bedrog en korrupsie.

Dié raad se uitvoerende burgemeester, Ray van Rooy, het aan Son bevestig “onreëlmatige transaksies” is onlangs opgemerk.

Van Rooyen voeg by: “Daar is waargeneem dat onreël­matige banktransaksies die afgelope twee maande gedoen is en dit dui op moontlike korrupsie.

“Stappe is onmiddellik gedoen om dit na te spoor en stop te sit.

“Sedertdien is daar ook in ons finansiële afdeling bepaalde wanadministrasie ontdek en stappe is onverwyld gedoen om dit intern én onafhanklik te ondersoek.

Verseker

“Personeel wat na bewering daarby betrokke is, is reeds geskors en regstappe word tans gedoen om misdaad te ondersoek.”

Van Rooyen sê hy verseker inwoners dat die munisipaliteit daartoe verbind is om bedrog en korrupsie te fight om effektiewe dienste te verseker.

Hy sê hy het die Valke gevra om ’n strafregtelike ondersoek te doen.

’n Woordvoerder vir die Valke, kapt. Philani Nkwalase, sê dié elite polisie-eenheid het die Laingsburg-munisipaliteit se kantore Vrydag geraid.

Nkwalase sê dis deel van ’n ondersoek na beweerde korrupsie in dié raad.

Geen arrestasies is in dié stadium gedoen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters