25 dae gelede
Projek plant saadjie
HEERLIK: Caitlin Beukes en Joaquim van Neel smul elk aan ’n appel voor die begin van die prysuitdeling in hulle klas.  ~ Foto Verskaf

UPINGTON. – Skole wat ingeskryf het vir die nasionale skoolvoedingsprogram in die Z.F. Mgcawu-streek is vir hulle deursettingsvermoë en harde werk beloon.

Dié program se doel is die daaglikse verskaffing van voedsame, gebalanseerde maaltye aan leerders.

Die teikengroep wat aan die program deelneem, is openbare skole, primêre skole, hoërskole en spesiale skole.

Sewe primêre skole is uitgenooi na die prysuitdeling by die Primêre Skool Simbruner.

Hulle is Bloems­mond, J.G. Jansen, Sternham, Keimoes R.K., Leerkrans, Vorster Eiland en Soverby.

Die Laerskool Soverby het weer met die kroon weggestap in die Z.F. Mgcawu-distrik, gevolg deur die Primêre Skool Vorster Eiland en die Intermediêre Skool Leerkrans.

Die program is begin met die uitdeel van ’n vrug en water om die belangrikheid van vrugte en groente vir die leerders en almal se liggame te beklemtoon.

Boodskap

Gordon March, distriksdirekteur van onderwys, het die skole gelukgewens met hulle prestasies.

Sy boodskap aan leerders wat aan die voedingskema deelneem, was om die beste van dié nuwe kennis en waardes te maak en ook groente by hulle eie huis aan te plant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters