Verlede maand
Posters wat nog pronk op pale pla
Oppie paal: Een van die posters wat nie wil wyk nie. Foto’s: Basil Davids  ~ 

ROBERTSON. – Oppie paal. Amper vier maande al.

Mense met ’n kort geheue sal nie eens meer kan onthou dat daar vroeër vanjaar ’n verkiesing in die land gehou is nie.

Tog is daar in dié dorp steeds verkiesingsplakkate wat hoog teen lamppale pryk.

Brink Brown, ’n ontevrede inwoner, sê daai posters moes lankal verwyder gewees het.

“Ek verneem die politieke partye moet ’n boete betaal, maar hulle worry mos nie,” moan Brown.

Volgens Brown is dit nie reg dat die posters ná al die maande steeds daar pronk nie.

Lydia Baatjies, ook ’n inwoner, sê sy loop elke dag in die pad en sien die posters.

Onregverdig

“Ek het al by tye gedink dat die partye dit maar op los om solank vir die next verkiesing te kies,” skerts Baadjies.

Ruben Maart, ’n politikus, sê dis onregverdig dat daai posters nog ná al die maande teen die pale pryk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters