Verlede maand
Poster boy vir 16 dae kry pak
Moegamat Fortuin (40)  ~ 

WORCESTER. – Hy het soos ’n baby getjank en gesmeek toe die inmates hom goed afgeransel het.

Moegamat Fortuin (40), wat tereg staan vir moord op sy eks-girlfriend Melvinia (30) en haar klonkie, Jovante Adler (10), het tussen die vier hoeke ’n deeglike drag slae gekry.

Son verneem betroubaar hy het die afgelope naweek ’n lelike loesing gekry.

Bebloede

Daar word bespiegel dat die inmates gewag het dat hy op sy kooi gaan lê voordat hulle hom aangeval het.

Alles het glo in die donkerte gebeur en hy weet nie wie sy aanvallers was nie.

Die foto van Fortuin wat met ’n bebloede gesig staan, het in die sosiale media viral gegaan. Baie mense meen dis sy verdiende loon.

Nog ander vat dit selfs ’n trappie verder oor wat met die verdagte moes gebeur het.

Een so ’n comment lui: “Ek dink hy gaan doodgemaak word indien hy nie in ’n enkelsel gegooi gaan word nie.”

Fortuin dien intussen weer tronkstraf uit nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het. Dit was in die tydperk dat hy op parool was dat hy aangekeer is vir die moord op Melvinia en haar klonkie, Jovante, wat na bewering ook met ’n hamer doodgeslaan is.

Fortuin het voorheen met die gereg gebots en in die tronk gaan tyd uitdien nadat hy twee ander ekse met ’n mes aangeval het.

Een is dood en die ander is vandag aan ’n rolstoel gekluister.

In die geval van Melvinia en Jovante is die bewering op die klagstaat dat hulle eers met ’n skroewedraaier gesteek en daarna met ’n hamer doodgeslaan is. Hy loop weer op 15 Desember hof op twee klagte van moord.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters