Verlede maand
‘Polisie moet patrolleer’
saamstaan: Vroue meen dis tyd dat dinge vir hulle moet begin verander.Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Vroue van dié gemeenskap staan op teen kinder- en vrouemishandeling.

Vrydag het ’n handjievol ontevrede ouers saamgestaan om misdaad teen kinders en vroue hok te slaan.

Dit kom nadat baie vroue die afgelope 10 jaar in die settlement wreed om die lewe gebring is, en van die moorde is nog nie opgelos nie.

Volgens die vroue word hier ook baie vroue en kinders mishandel.

Jobani Nongeli, een van die organiseerders van die betoging, sê hulle het ’n memorandum aan die stasie­bevelvoerder, Jeff Lakey, oorhandig.

In die memo dring vroue daarop aan dat die polisie hulle gebied 24 uur per dag moet patrolleer om misdaad hok te slaan.

“Te veel van ons kinders sit nou sonder ’n ma oor hulle vir niks vermoor word nie,” sê Nongeli ontevrede.

Onmiddellik

Lakey het mooi aan die vroue beloof dat die polisie in samewerking met die gemeenskap sal toesien dat misdaad nou hok geslaan word.

AO Sylvester Joseph, ’n polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap moet onmiddellik enige misdaad by hulle kantoor kom rapporteer sodat dit ondersoek kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters